Vir ‘n pepermossie

Play

(Voortaan)

Voortaan sal ek winterskemer
Vleilangs loop
En droë takkies van geraamte
Struike stroop
Die wilgers sal gekruisig
Aan die hemel hang
En ek sal, dood menslik
Na jou terug verlang
Soos na die somer se rinkink
Van vinke in palmiete
En die onbeholpe liefde
Van wildeganse tussen riete

Woorde en Musiek: Willie van der Merwe / Laurinda Hofmeyr
Uitgewer: MS / Samro

Verskyn op:
Die gang
19 Treffers van 21 jaar
Laurika Rauch sing die liedjies uit Stuur groete aan Mannetjies Roux