Waarheen gaan die tyd, my Lam

Play

As die blaar van die boom op die grond sou val
En die wind dit weer kom haal
Sal die wind die blaar na die wolke toe vat
Tot die reën weer op hom val

Dis die siklus van die lewe my kind
Dis ‘n mooi en suiwer ding
Soos die een ons groet en aanbeweeg
Begin die engele weer te sing

Refrein:
En waarheen gaan die tyd my Lam
Jy was jonk gewees en jy was skaam
Jy was weggevoer deur die lewenswind
maar my Hart jy bly – nog steeds my kind

Voor my oë het jy ‘n mens geword
In die modder gespeel en bal geskop
Soos ‘n pleister jou seer kon beter maak
het jy ook geleer met die hart – is dit ‘n ander saak

Ons het saam gelag en saam gehuil
Al die modes probeer – styl na styl
Jou hart was gebreek en weer heel gemaak
In die kiekies lag ons saam x 2

Refrein:
Waarheen gaan die tyd my Lam
Jy was jonk gewees en jy was skaam
Jy was vasgevang in die lewenswind
maar my Hart jy bly – nog steeds my kind

En ek wou jou graag beskerm teen die lewe se seer
Maar tog het ek geweet jy gaan self jou lesse leer

Refrein x 2:
Waarheen gaan die tyd my Lam
Jy was jonk gewees en jy was skaam
Toe’s jy weggevoer deur die lewenswind
maar my Hart jy bly – nog steeds my kind

My kind!

Woorde en Musiek: Christoph Kotze
Uitgewer: Christoph Kotze, © Coleske Artists (Pty) Ltd