Waterblommetjies

Play

Waterblommetjies in die Boland
Waterblommetjies in die Kaap
Maak die bredie net soos in die wynland
En sê jy’s baie lief vir my
Voor jy gaan slaap

Daardie wind waai weer by my voordeur in
Hy maak my hart weer lekker sing
Dis gaaf om die Kaap weer dag te sê
Ek vat jou saam na die koringland
Wie ry saam as my hart so brand
Dis lekker om die Boland lief te hê

Van Hunks het weer sy pyp gestop
Tafelberg se hoed is op
En die bergies begin al huis se kant toe staan
Groenpunttoring knip sy oog
Die Suidoos maak so ‘n wye boog
En die Waalpad help jou as jy huis toe gaan

O die luggie hier is vry
Waar my hart heeltyd wil bly
En ek wil my langs ou Mies Victoria
Neer gaan vly
Laat ons deur die Tuine loop
By die Parade iets gaan koop
As die wind koud waai
Laat ek gou eers jou jas vasknoop

O Kaap, o Kaap, o mooiste Kaap
Jy maak my hart weer baie seer
Jou Ghantang kom mos altyd weer en weer
Die Mayflower het uitgevaar
En gaan snoek haal daar by Houtbaai waar
Karbonkelberg die stormsee gewaar

Drie skepsels het by Dassiepunt
Na die ster gekyk en teen die wind in
Voetgeslaan en die stralekrans aangegee
En hul’t teruggekeer na Tafelbaaai
En op Duiwelspiek vir die engel gewaai
En die engel het ‘n traan uit sy oë gevee

Want daar is waterblommetjies in die Boland
Waterblommetjies in die Kaap
Maak die bredie net soos in die wynland
En sê jy’s baie lief vir my
Voor jy gaan slaap

Komponis: Anton Goosen
Uitgewer: Gallo Music Publishers