Wiegeliedjies

Onbeskikbaar

SIEMBAMBA

Siembamba mame se kindjie
Siembamba mame se kindjie
Draai sy nek om gooi hom in die sloot
Trap op sy kop dan is hy dood

Siembamba ek is ‘n baba
Siembamba ek is ‘n baba
Pas my veilig op in die nood
Sus my liefies op die skoot

Siembamba almal babas
Siembamba almal babas
Al die mans is danig groot
Almal babas tot hul dood

Woorde en musiek: C.J.Langenhoven/Trad
Uitgewer: Clan Music

PIKANINIE-WIEGELIED

Slaap Pikaninie ons vee’s in die kraal
Almal ons skapies en bokkies
Môre vroeg kry jy van soetpap ‘n maal
En ‘n paar spierwitte sokkies
Doedoe doedoe

Slaap Pikaninie die ou bobbejaan
Ken mos vir jou vantevore
As jy nie slaap kan jy seker wees man
Byt hy jou neus af en ore
Doedoe doedoe

Kruip nou maar diep in jou velkombers in
Mammie bak lekker vars tertjies
As jy nie slaap kry Ou Mombak sy sin
Slaat Pikanien op sy stertjies
Doedoe doedoe

Woorde en musiek: Walter Spiethoff
Uitgewer: SARRAL

SLAAP KINDJIE SLAAP

Slaap kindjie slaap
Daar buite loop ‘n skaap
Skapie met witte voetjies
Drink tog sy melkies so soetjies
Skapie met sy witte wol
Kindjie drink hom boepens vol

Woorde en musiek: Tradisioneel
Uitgewers: Clan Music