Windliedjie

Play

Waar slaap my liefde, my liefde vannag
Sterre wat wieg in die denne en winde
Sterre wat wieg en sterre wat wag
Waar slaap my liefde, my liefde vannag?

Denneboom donker, rooipad en naglied
Naglied van diere en duistere winde
Waar slaap my liefde, wie stil sy verdriet?
En sal ek my liefde, my liefde weer vinde?

Winterwind lei my deur bittere nagte
Tot uit die duister ek saggies kan staar
Hoedat hy sluimer, en sluimerend my smarte
Eindelik diep in my hart laat bedaar

Woorde en Musiek: Ingrid Jonker/Laurika Rauch
Uitgewer: Ingrid Jonker Trust (DALRO) / Gallo Music Publishers