Laurika

‘HART EN SEE’ SAAM MET ELVIS BLUE BY INNIBOS

Ek en Elvis Blue doen ‘Hart en See’ by die Innibosfees in Julie. Dis vir my so lekker om aan hierdie produksie saam met hom, Deon Oppermann (regisseur) en Janine Neethling (musiekregisseur en pianis) en vier musikante deel te neem. Ons het die produksie oorspronklik verlede jaar by die KKNK geloods en het dit pas ook in die Spier amfiteater by die Woordfees in Stellenbosch opgevoer.

Elvis Blue het eenkeer gesê  – ‘Op die ou end is die mensehart en die see eintlik dieselfde ding: misterieus, onpeilbaar en sentraal tot ons bestaan.’

My en sy raakpunte is méér as ons verskille – maar dis heel waarskynlik die verskille, wat Hart en See hopelik ‘n onvergeetlike musiekervaring vir jou gaan maak.

2 JULIE – 10H00

3 JULIE – 13H00

4 JULIE 10H00

BESPREEK BY: COMPUTICKET

Die Oppiwater Kunstefees

Hallo – ek hoop dit gaan voor die wind!

More (17 Maart) vertrek ek op die boot vir die RSG/LEFRA Oppiwaterkunstefees. Ek en Wessel van Wyk doen die aand van die 20ste Maart ons twee vertonings rug-aan-rug. Ek sien so uit daarna – al moet ons more baie vroeg die vliegtuig na Durban haal!

Ek sal dus tot Vrydag grotendeels uit verbinding met die buitewereld wees.

Ek vertel meer as ek weer terug is.

Liefdegroete

Laurika

Hier is n bietjie meer inligting oor die eerste Oppiwaterfees:

RSG en LEFRA PRODUKSIES bied met trots aan – die eerste volwaardige Afrikaanse Kunstefees op Starlight Cruises se nuwe skip, die MSC Opera.  Wat is dan nou meer gepas om die OPPIWATER KUNSTEFEES op ‘n skip met die naam DIE OPERA te hou?  Dit is de grootste en mees moderne skip wat nog in Suid-Afrikaanse water gevaar het.

Die MSC Opera skip doen haar naam beslis gestand – klassiek, groot, weelderige – en is regtig ‘n luukse boot vir opera en om kuns te maak.   Daar is heelwat ruimte op die Opera wat dit een van MSC Cruises se top skepe maak.  Baie van die kajuite op die MSC Opera het private balkonne (ek en my dogter Nina gaan in so ‘n kajuit bly!!!) en is ruim en gemaklik. Dit vertoon die kenmerkende Italiaanse styl wat op al MSC Cruises se statige skepe gevind word.  Die openbare areas is verbeter deur ‘n marmer ontvangs-area en pragtige oop ruimtes met glasmure om die die hele tyd die dramatiese en mooi see-uitsig te geniet.

Om te reis op die MSC Opera is om die beste van die outydse elegansie te ervaar met die beste van die moderne geriewe.  Sodra jy aanboord die MSC Opera gaan, kan jy uitsien na ‘n werklik outentieke Italiaanse ervaring.  Geniet ‘n espresso by die koffiekroeg of geniet in ‘n tipiese handgemaakte Italiaanse roomys. Neem Italiaanse lesse, stop by die Internetkafee of maak gebruik van ons Wi-Fi plekke in sekere areas op die skip. Spandeer kwaliteit tyd saam met die kinders in ‘n rondte mini-golf of neem klasse by die gesondheidsklub. Saam met die sonsodergang, geniet ‘n heerlike skemerkelkie in een van ons verskeie kroeë en geniet ons sewe-gang aandete in ons deftige restaurant.  Daarna begin die aand eers met produksies van ons Oppiwater Kunstefees in die pragtige Teater of ander venues.

Hierdie lekker OPPIWATER KUNSTEFEES vaart vind plaas vanaf 17-21 Maart.  OPPIWATER besoek onder andere Maputo en die Portugese eilande.  Die res van die tyd hou ons Afrikaanse Kunstefees vir die fynproewer met van die voorste kunstenaars, produksies, toneel, komedie, kabaret en musiekproduksies.  Dis uniek – ‘n kunstefees op ‘n drywende hotel met sy pragtige teater en verskillende kleiner venues.

Magdaleen Kruger, Stasiebestuurder van RSG en Frans Swart, Hoof Uitvoerende Beampte van Lefra Produksies het een oggend ontbyt geëet om te gesels oor 2014 se beplanning.  Daar is gesels oor wat RSG en LEFRA saam kan doen wat uniek is.  Eers sê Magdaleen: “Wat van ‘n spesiale Kunstefees?”  En Frans haak af en sê:  “Maar wat van ‘n Kunstefees op ‘n luukse skip?”  En so is die Oppiwater Kunstefees op die MSC Opera gebore.

Die Oppiwater Kunstefees op die MSC Opera spog met die room van Suid-Afrika se vermaaklikheidswese.  Laurika Rauch doen haar GROOTSTE TREFFERS-konsert. Sandra Prinsloo is te sien in OSKAR EN DIE PIENK TANNIE en Koos Kombuis tree ook OPPIWATER op in sy produksie, KOOS KOMBUIS.  Lefra se nuwe klug, MY BOETIE SE SUSSIE SE OU deur Ray Cooney met onder andere David Rees en Hennie Smit premiere ook op die boot met regie deur Frans Swart.  Kom lag lekker vir Hannes Muller in Groet die Grotman.  Liewe Heksie vaar (vlieg) ook saam met twee splinternuwe verhoogproduksies, LIEWE HEKSIE EN DIE TUINDWERGIE en LIEWE HEKSIE EN BOTTERBLOM.  Die Supersterre wenner, Kobus Muller doen sy produksie oor Engelbert Humperdinck en Alwyn Oberholster bring hulde aan Neil Diamond in BEAUTIFUL NOISE.  Koos van der Merwe se LEONARD COHEN IN AFRIKAANS word ook aangebied.

RSG aanbieders,  Amoré Bekker en Martelize Brink lewer wonderlike inspireringspraatjies en Derrich Gardner is jou gasheer met die dekpartytjie.

Die volledige program is beskikbaar by www.oppiwater.co.za

“Hierdie is ‘n unieke konsep,” sê Swart.  “Nog nooit is daar ‘n volwaardige Afrikaanse Kunstefees op ‘n boot gehou nie. Die lekker van so ‘n Kunstefees is dat alles natuurlik op hierdie luukse drywende hotel aangebied gaan word.  Jy stap dus letterlik van een venue tot die volgende een.  Jy hoef nie van venue na venue te jaag nie.  En jy hoef ook nie bekommerd te wees dat jy nie betyds by die volgende produksie gaan uitkom nie.”

Die OPPIWATER KUINSTEREES besoek Maputo, die hoofstad van Mosambiek.  Die volgende dag word daar aangedoen by die Portugese eilande waar jy LM Prawns kan eet en op verskeie ekskursies kan gaan.

16 Maart 2014

 

‘Wals, wals Willemien’ is byna hier!

 My nuwe album ‘Wals, wals Willemien’ is binnekort beskikbaar!

Dit sal my eerste solo-album in 4 jaar wees.  

Ek werk al, (soos jy seker sal weet!) sedert verlede jaar aan ‘Wals, wals Willemien’. Die titelsnit is geskryf deur Christoph Kotze, Lees meer >

Die CMR 'Red-'n-Kind-veldtog

Die CMR ‘Red-’n-Kind-veldtog

Die Christelik-Maatskaplike Raad Noord (CMR Noord) is ‘n organisasie sonder winsoogmerk, wat sedert 1936 maatskaplike dienste lewer aan mense in nood. Die organisasie is werksaam in 17 Sentrums Van Hoop, geleë in Gauteng, Noord Wes en Limpopo.

Hulle visie is om HOOP te gee aan mense in nood.  Kinderbeskerming is die hooffokus en “Red-‘n-Kind” is die organisasie se vlagskip-projek. Hier word kinders as gevolg van mishandeling, verwaarlosing en/of seksuele molestering BEVEILIG. Laasgenoemde behels die bepaling van die skade aan elke kind, die daaropvolgende terapie asook plasing in alternatiewe sorg van hierdie gebroke kinders. Ander programme sluit in: Gesinsbewaring en Armoedeverligting.

Mense se lewens word deur middel van die CMR Noord se toetrede in hoop omskep en hulle word sodoende ‘n nuwe droom gebied…

Vir meer inligting en skenkings besoek:

http://www.cmrn.co.za/

9 Januarie 2014

 

Hallo en baie groete vir ‘n splinternuwe jaar!

Dankie dat jy my webblad besoek. Ek is op die oomblik nog hard aan die werk aan my nuwe album wat in die eerste helfte van die jaar vrygestel sal word. Lees meer >

My span

My span

Reeds vanaf 1998 werk ek saam met drie mense wat dit vir my moontlik gemaak het om aan te hou met my vertonings en my beste te lewer wanneer ek optree.

Frikkie Kruger, Pieter-Jan Kapp en Clinton Waring werk nie net saam met my nie – hulle is my vriende en ons is ‘n (verskoon as ek ‘n bietjie spog – formidabele) span!

Ek wil vir hulle aldrie hier erkenning gee vir die mense wat hulle is en vir hulle lojaliteit en hulle ingesteldheid daarop om altyd professioneel op te tree en steeds te bly strewe na uitmuntendheid wanneer hulle hulle werk doen.

Frikkie Kruger is my klankman, wat geen steen onaangeroer sal laat om vir my die beste te laat klink wat ek kan klink vir ‘n vertoning nie. Hy weet wat hy doen en hy doen dit met geweldige empatie en sjarme.

Pieter-Jan (Kappie) Kapp is my beligtingsman wat oor die jare vir homself ‘n naam opgebou het in die bedryf as ‘n kreatiewe beligtingsontwerper wat altyd ‘deliver’. Boonop het hy ‘n hart van goud.

Clinton Waring is my begeleier en buddy wat altyd bereid is om weer en weer saam met my te repeteer en voor te berei vir elke vertoning. Hy het ‘n fyn aanvoeling vir wat ek probeer doen met my musiek en hy ondersteun my 100%.

Ek is trots op en dankbaar vir al drie hierdie mense. LR

My span, van links - Clinton, Kappie en Frikkie