En my voete wil weer dans
Beautiful Noise – Cochlear Ear Implants
Ek het die voorreg gehad om saam met my man, Chris, verlede jaar by te wees toe die kogliêre inplantaat van Enrique Domingo aangeskakel is. Die ervaring sal my my lewe lank bybly. Die Steve Biko Beautiful Noise-projek help ‘n paar minder-bevoorregte dowe kinders per jaar, afhangend van fondse, om, voordat hulle vyf jaar oud word, die geleentheid te kry om ‘n kogliêre inplantaat te ontvang. Ondersteun gerus hierdie verdienstelike projek! Nicolene Steynberg, ‘n hoogs professionele en inspirerende persoon wat vroeër by die Steve Biko betrokke was, het my bewus gemaak van die werk wat hier gedoen word. Dit bly ‘n organisasie wat naby aan my hart is en ek probeer om elke jaar ‘n vertoning te doen om fondse te help insamel. LR
SMS ‘NOISE’ na 39101 en skenk R10.
Transoranje skool vir dowes
Transoranje Skool vir Dowes is geleë in Pretoria Wes en maak voorsiening vir die onderrig en opvoeding van kinders met gehoorgestremdheid vanaf 3 jaar tot skoolverlating. Twee derdes van Transoranje se leerders is behoeftig of van voorheen benadeelde gemeenskappe. Alhoewel Transoranje ‘n staatsubsidie ontvang, is die skool deurentyd afhanklik van donasies, skenkings, borge en fondsinsamelingsprojekte ten einde in al die behoeftes van die sowat 203 leerders te voorsien. Die skool is gestig in 1954. Besoek gerus die webblad by http://www.transoranje.webs.com/ en word bewus van al die aktiwiteite rondom die skool en waar jy ‘n bydrae kan lewer.
Hart Wildlife Rescue
Ek is bevoorreg om vir die 2011/2012- jaar een van die beskermvroue van HART te wees. Dr. Prozyn en haar span doen geweldige belangrike, onbaatsugtige en liefdevolle werk. LR
HART’s mission is to rescue and rehabilitate wild animals that are sick, injured or orphaned. At HART we try our best to return animals back to the wild as animals held in captivity find it extremely stressful. HART is a non-profit organization and an Art. 18A Public Benefit organization and contributions are tax deductible as allowed by law.
Gifts 4 Good
Selfs as jy net ‘n paar ekstra rand het, kan jy ‘n wesenlike verskil in die lewens van baie mense maak. Besoek hierdie webblad en kyk hoe maklik is dit om in die vervolg vir mense geskenke te gee! LR
The GreaterGood group develops the sector for social change by facilitating the full spectrum of giving and social investment in South Africa. GreaterGood South Africa is a public service organisation connecting givers with good causes and activating the public to give responsibly.
Rapport Onderwysfonds
Ek is ook beskermvrou van die Rapport Onderwysfonds vir die volgende jaar. Kyk gerus watter wonderlike werk deur die fonds verrig word en ondersteun dit na hartelus. LR
Die Rapport Onderwysfonds (ROF) is ʼn landswye fonds wat finansiële hulp verleen aan jong mense wat ná skool verder wil studeer maar nie oor die nodige fondse beskik nie. Die ROF fokus veral op onderwys en opleiding, maar gee ook in uitsonderlike gevalle leningsbeurse vir ander studierigtings.





