Maar die vlam is delikaat en fyn
My span
Reeds vanaf 1998 werk ek saam met drie mense wat dit vir my moontlik gemaak het om aan te hou met my vertonings en my beste te lewer wanneer ek optree.
Frikkie Kruger, Pieter-Jan Kapp en Clinton Waring werk nie net saam met my nie – hulle is my vriende en ons is ‘n (verskoon as ek ‘n bietjie spog – formidabele) span!
Ek wil vir hulle aldrie hier erkenning gee vir die mense wat hulle is en vir hulle lojaliteit en hulle ingesteldheid daarop om altyd professioneel op te tree en steeds te bly strewe na uitmuntendheid wanneer hulle hulle werk doen.
Frikkie Kruger is my klankman, wat geen steen onaangeroer sal laat om vir my die beste te laat klink wat ek kan klink vir ‘n vertoning nie. Hy weet wat hy doen en hy doen dit met geweldige empatie en sjarme.
Pieter-Jan (Kappie) Kapp is my beligtingsman wat oor die jare vir homself ‘n naam opgebou het in die bedryf as ‘n kreatiewe beligtingsontwerper wat altyd ‘deliver’. Boonop het hy ‘n hart van goud.
Clinton Waring is my begeleier en buddy wat altyd bereid is om weer en weer saam met my te repeteer en voor te berei vir elke vertoning. Hy het ‘n fyn aanvoeling vir wat ek probeer doen met my musiek en hy ondersteun my 100%.
Ek is trots op en dankbaar vir al drie hierdie mense. LR

10 Vrae aan Laurika
- My gunsteling kleur – Blou
- My gunsteling gereg – Vars kos
- My wat maak jou gelukkig? – Tyd om te dink
- Koffie of Tee? – Tee – veral Woollies se Vanilla Chai
- Twee items in my handsak? – Kamera en rybewys
- Watter deel van Suid-Afrika is vir my die mooiste? – Limpopo provinsie, veral Mapungubwe
- Somer of Winter? – Winter, maar eintlik herfs
- My gunsteling akteur? – Daniel Day Lewis
- My mooiste Fliek – Unforgiven
- My Gunsteling liedjie? – Stille Waters
James Turrell
James Turrell is ‘n Amerikaanse kunstenaar wat met lig werk. Ek is al baie jare ‘n volgeling van sy sonderlinge werk. Ek het ook die voorreg gehad om in 2005 na een van sy uitstallings te gaan kyk in IVAM, Valencia. Ek dra dit wat ek daar beleef het binne-in my elke dag. Hier is ‘n onderhoud met James Turrell om te lees en te geniet:
Ek het dit gaan haal by:
http://www.conversations.org/story.php?sid=32 LR
Painting Commissions
Wat my betref, verstaan Nina, van Painting Commissions, die essensie van portretkuns. Daar is altyd iets besonders aan haar werk – en nie een portret lyk dieselfde nie. Sy vang die persoonlikheid van haar onderwerp so perfek vas en doen dit dikwels met besondere insig. Een van my gunstelinge op haar webblad, is die portret van die glimlaggende ouer dame. Kyk net na die koesterende betekenis van al die hande om haar! LR
Nina sê self:
If you would like to discuss or receive a quote for a painting, please contact Painting Commissions.
I am a practising artist in Pretoria and I work in a variety of different mediums and styles. Please don’t hesitate to contact me for a quote or any questions you may have.
MacMonkey
As jy enigsins ‘n (amper fanatiese) Mac-aanhanger is soos ek, is MacMonkey jou essensiële eenstopdiens vir perfekte ondersteuning in die Pretoria/Johannesburg-gebied. LR
Mac Monkey sê self:
We love our Macs. We want you to feel the same about yours. Our services are there to help you get the most out of your tech, and help you fix it when things go wrong.
Die Pomodoro-tegniek
Ek het van díe tegniek te hore gekom toe ek met ‘n goeie vriend gesels het oor tydsbestuur. Die tegniek is vir my baie direk en gebruikersvriendelik. Ek het dit reeds beproef, en dit werk vir my soos ‘n bom. Daar is ‘n App wat afgelaai kan word, om jou te help om te onthou om stil te staan vir 5 minute na elke Pomodoro (wat ‘n 25 min. periode is). Jy deel dus jou dag op in Pomodoros! Maar lees gerus meer hieroor by: http://www.pomodorotechnique.com/ LR
Select Musiek – Platemaatskappy en Select Musiek Verspreiding
In 1988 het Kosie van Niekerk, die hoof van Select Musiek, my genooi om by Select Musiek aan te sluit as kunstenaar. My eerste album by hulle was Encore! Laurika, en baie albums het daarna gevolg. (Sien uitgebreide Biografie) Vanaf 1995, het my eie maatskappy, Laurika Rauch Produksies, begin om my albums te besit, maar ek versprei nou nog steeds deur Select Music Distribution, waarvan Deon van Niekerk die hoof is. Iemand wat ek spesiaal wil noem, is Wendy van Niekerk, wat die bemarking van my albums gehanteer het oor die jare. Dit is lieflike mense wat by Select is en ek beveel baie maklik aan dat enige kunstenaar deur hulle versprei. Dit is net goeie herinneringe wat ek het aan die jarelange samewerking met Kosie, Deon, Wendy en Elize. Hulle behandel hulle kunstenaars soos familie en hulle verspreidingsnetwerk is uiters goed. http://www.select.co.za/ en http://www.selectmdist.co.za/ LR






