Laurika Rauch
  • Tuis
  • Biografie
    • Uitgebreide Biografie
    • Extended Biography
  • Albums
    • Liedjies en Lirieke
  • Optredes
  • Nuus
  • Media
    • Foto’s
    • Video’s
    • Pers
  • Nog
    • Gee terug
    • Gunstelinge
  • Kontak
  • Winkel

Samewerkings

1976 - 1979 1980 - 1989 1990 - 1999 2000 - Tot nou Samewerkings


1977 - Op die stel van 'Fyn net van die woord' met Sandra Prinsloo, Reghardt van den Bergh en my kitaarspeler, Colin Drew
1980 - Met Donald Swann, Mara Louw, Will Bernard, Joe Dunstan en Donald se dogter, by die Markteater
1980 - Met Ann Hamblin en Ferdi Uphof tydens 'n repetisie vir Encore! Brel
1981 - Saam met Anton Goosen vir publisiteit vir ons Staatsteater-optrede. Foto: Bob Martin
1981 - Saam met Carike Keuzenkamp, Mynie Grové en Sonja Herholdt in Rapport.
1982 - Met Leon Shuster en die 'Nik Naks'-man ter voorbereiding van 'n musiekfees op Ellispark
1983 - Met Kupido met die vrystelling van 'Jy is te dierbaar' Foto:Die Transvaler
1988 - Saam met Jannie du Toit in 'Van Berlyn tot Bapsfontein'
1990 - Met Philip Moolman vir 'Laurika op Nagskof' - Foto: Bob Martin
1991 - Andre van den Heever het die oorspronklike video vir 'Stuur groete aan Mannetjies Roux' gemaak. Hierdie foto is op Mannetjies se plaas, 'Nobelsfontein', geneem tydens die maak van die video. Die dame agter die trom is my dubbelganger vir die video. Die dogtertjie stap met die rugbystewels om haar nek waarmee Mannetjies destyds 'n betoger by 'n wedstryd 'n ligte skoppie gegee het!
1998 - Met Vusi Mahlasela vir 'Samekoms/Kopano' - Foto: Sally Shorkend
2003 - Ek en my persoonlike assistent van daardie tyd, Kelly Robinson-du Plessis, en die lede van my orkes: Clinton Waring, Wouter van de Venter en Leon Ecroignard by Brighton Beach. Ons was in Londen om deel te neem aan Ukkasie in Stevenage, en het vir dag saam uitgery Brighton Beach toe.
2004 - Hierdie is vir my 'n mooi herinnering van die vrolike dae saam met my orkeslede (1999-2004) vlnr: Wouter van de Venter (kitaar), Clinton Waring (klavier) en Leon Ecroignard (baskitaar en perkussie). Foto: Sally Shorkend.
2006 - Ek sing 'Lord of the dance' tydens opnames vir my DVD: 'Grootste Treffers Live'. Vlnr: Mauritz Lotz, Clinton Waring, Godfrey Mgcina, Louis Brittz, Izelle Claassen, Rixi Roman. Foto: Nardus Nel
2009 - Saam met Lize Beekman in 'L tot die tweede mag' in Port Elizabeth
2010 - Ek en Myra Maud op die 'Afri-Frans'-verhoog, besig om 'Lisa se klavier' in Afrikaans en Frans te sing. Ek en Maud het baie goeie vriende geword vandat ons saam gewerk het. Foto: Phyllis Green.
2010 - Nog 'n foto met Myra Maud in Afri-Frans - Foto: Phyllis Green
2010 - 'Brel in Brooklyn' saam met Jannie du Toit. Ontwerp: Fearika Heyns
2011 - Met Steffie le Roux in die musiekspel 'Stuur groete aan Mannetjies Roux' Foto: Nardus Nel
2011 - Met my medespelers in die musiekspel 'Stuur groete aan Mannetjies Roux' Foto: Nardus Nel

1976 - 1979 1980 - 1989 1990 - 1999 2000 - Tot nou Samewerkings Terug na bo

Previous Entry: 1980 – 1989
Next Entry: Select Musiek – Platemaatskappy en Select Musiek Verspreiding
  • Tuis
  • Biografie
  • Albums
  • Optredes
  • Nuus
  • Media
  • Nog
  • Kontak
  • Winkel
  • T’s & C’s
Join Laurika on Facebook

Kopiereg © 2012 Laurika Rauch.

Powered by WordPress, Prototype, and Laurika Rauch 2011.

Laurika Rauch