Nuus in Junie

Hallo…

Dankie dat jy my webblad besoek.

Ek hoop jy sal bly wees om ‘n bietjie nuus oor twee vertonings waaroor ek über opgewonde is te hoor:

LAURIKA SING BY DIE UJ OUDITORIUM OP 29 JUNIE 2013

Ek tree saam met Wessel van Wyk as my begeleier by die UJ Ouditorium in Auckland Park, Johannesburg, op. Sover beplan ek nie ‘n Pretoria of nog ‘n Johannesburg optrede vir vanjaar nie (behalwe ‘n groot kerskonsert saam met ander kunstenaars by die Centurion Mall in November), so hierdie is jou kans om te kom luister. Ons gaan baie treffers doen, ‘n paar nuwe liedjies, ‘n Brel-liedjie of twee (op aandrang van die organiseerders) en ook ‘n paar ander engelse liedjies. Daar gaan sop en sjerrie in die voorportaal bedien word en nou dat ons regtig weet dis ordentlik winter, klink dit vir my na nogal ‘n gesellige idee. Bespreek by Computicket.

LAURIKA EN LOUIS LOOCK IN AUSTRALIË IN SEPTEMBER 2013

In die eerste twee weke van September reis ek, Wessel van Wyk (begeleier) Frikkie Kruger (klankman), Pieter-Jan Kapp (beligtingsman) en Louis Loock (hy gaan die voorprogram behartig en ons gaan ook ‘n liedjie saam doen, en ja, hy is ‘n solo kunstenaar uit eie reg en sing nou EERS, en asemrowend mooi!!) na Australië en Nieu Zeeland, waar ons vier vertonings gaan lewer. Bespreek by die Afrikaanse Klub Australië, Tel. 07 3396 5856  / info@afrikaans.org.au / www.afrikaans.org.au

REISPLAN:

7   September 2013  – Auckland

8   September 2013  – Melbourne

14 September 2013  – Brisbane

15 September 2013  – Perth

Ek hoop ek sien jou daar!

Met liefde

Laurika

5 Junie 2013