Optredes
Kliek gerus hier om Laurika te bespreek vir 'n vertoning.
| Datum | Optrede | Beskrywing | Bespreek by | |
|---|---|---|---|---|
Dorpstraat Restaurant Teater is die vernaamste en moontlik die oudste Restaurant Teater in Suid-Afrika. Dit is geleë tussen die wingerde en berge van Summerhill wynplaas, ‘n hanetree buite Stellenbosch. Ek en my begeleier, Clinton Waring, bring vir julle ‘n program vol verrassings en treffers.
Tye:
16 Junie aandkonsert
17 Junie matinee
Besprekings by 021 8899 158 of info@dorpstraat.co.za Michelle Nolte
Laurika doen ‘Nuwe Temas’ saam met Lulu van der Walt op klavier en sang en Fanie Fouché op klawerbord en sang.
Tyd: 14h00
Plek: Hoërskool Ouditorium
Bespreek by Computicket
Laurika doen ‘Nuwe Temas’ saam met Lulu van der Walt op klavier en sang en Fanie Fouché op klawerbord en sang.
Tyd: 19h30
Plek: Sand du Plessis-teater
Bespreek by Computicket
Laurika en haar begeleier, Clinton Waring, tree op saam met verskeie sangers, komediante en persoonlikhede ten bate van Want ons kan / ‘Cause we can. Sedert die eerste konsert in 2003 is al meer as R 1.6 miljoen ingesamel ten bate van begunstigdes wat mense van regoor die Kaap bedien. 2 of 3 Organisasies word gekies wat in ‘n spesifieke jaar gehelp word. ALLE gelde wat ge-in word gaan direk na die bankrekening van die betrokke instansie.
Kontakdetails vir kaartjies: Iris House (Sue van der Linde 0839377517), Little Fighters (Mandie Erasmus 073 729 6155) en PLWC/Cancer Buddies (Linda Greeff 0825513310 of Hilly Mohr 0833684231)
Optrede saam met Lulu van der Walt en Fanie Fouché
op klavier, sang en klawerbord by geleentheid van die
Florida Hoërskool se jaarlikse JOK (Jeug oor Kultuur)-fees.
Aand begin 18h30, Laurika sing 20h00.
Kaartjies by skool te koop. Rita Barnard: Tel: 011 672 5345. Lina le Roux: hoof@florries.co.za
Ek neem vanjaar deel aan Skouspel in die Superbowl by Sun City en sien reeds vreeslik uit daarna. Dis altyd vir my ‘n uitdaging om op te tree by hierdie jaarlikse fees van Afrikaanse musiek en talent uit die boonste rakke. Ek hoop ek sien jou by een van die ses vertonings!
Bespreek by Computicket
Laurika tree op saam met Lulu van der Walt op klavier en sang en Fanie Fouché op klawerbord en sang in ‘Nuwe Temas’.
Bespreek by Computicket (Kaartjies nog nie beskikbaar nie)
