Welkom!

November 2011

Hallo almal

Baie welkom by my splinternuwe webblad!

Daar was baie redes om ‘n nuwe webblad saam te stel, maar die belangrikste was dat dit tyd was vir iets nuuts – en boonop wou ek die 35 jaar se vertonings en ervarings van my loopbaan meer omvattend met julle deel.

Hierdie is dan my elektroniese outobiografie. Ek deel hierdie inligting met julle vir die onthou en vir die genot.

Julle sal ondermeer toegang kry tot ongeveer 115 artikels (kyk onder Media – kliek op Pers), gedateer vanaf 1979 – 2011 om deur te blaai, met my kommentaar as inleiding. Jy kan op my Winkelblad direkte toegang kry tot http://RhythmMusicStore.com vir aflaaibare snitte van omtrent elke denkbare liedjie wat ek ooit opgeneem het, drie  unieke produkte wat jy per pos kan bestel (met ‘n persoonlike boodskap van my as jy wil) en ook ‘n skakel na http://kalahari.net,  waar jy die meeste van my CD’s kan bestel. Op die Media-blad, sal jy na foto’s van my van deur die jare kan kyk. Jy kan direkte toegang kry tot Video’s van my op YouTube (begin byv by: http://www.youtube.com/user/theswoopingfalcon#p/u/18/OPlvzOee7Ng) of gaan na my Video’s-blad vir meer detail. In my Biografie sal jy meer kan lees oor my geskiedenis – en as jy die stamina daarvoor het, kan jy ook gaan loer na my Uitgebreide biografie ! Kyk ‘n bietjie by Nog, en sien watter instansies ek ondersteun, wat my huidige Gunstelinge is en wat my inspireer. Jy kan my direk kontak via Facebook (jy kan ook ‘n Cd wen), op Kontak kan jy my ondermeer vir ‘n optrede bespreek, met behulp van ‘n handige Besprekingsvorm. Ek is veral trots op die Albums-blad, waar jy ‘n kronologiese rekord sal kry van amper alles wat ek ooit opgeneem het, die lirieke van al my liedjies, direkte skakels by elke liedjie na Rhythm Music Store en ‘n 30 sekonde uittreksel by elke liedjie waarna jy kan luister.

Hierdie webblad is ‘n dinamiese dokument, en ek sal gedurig die inligting opdateer en meer en meer byvoeg.

Ek wil graag vir Kristi Maree en Pierre F. Botha van http://www.word4word.co.za bedank vir hulle ongelooflike kreatiwiteit, bystand en betrokkenheid oor ‘n baie lang tydperk met die samestelling en inwin van inligting en idees vir hierdie blad. Dis ‘n vreugde om saam met julle te werk. Nic Pretorius (nicholaspretorius@gmail.com), baie dankie – jy het vir my ‘n pragtige webblad ontwerp en jou absolute toewyding met my gedeel. Albert du Plessis en Brian Currin van http://RhythmMusicStore.com dankie vir julle hulp.

Laastens wil ek my wonderlike familie – Chris en Simon en Nina en ons skoondogter Lizelle, bedank vir julle liefde en ondersteuning en merkwaardige skeppende vermoëns. Julle uiters belangrike bydraes tot die sukses van hierdie webblad, kan nie gemeet word nie.

Geniet en baie liefde

Laurika